Die Westerse Skisma[1][2] was 'n kerkskeuring in die Rooms-Katolieke Kerk vanaf 1378 tot 1417 waarin pouse en teenpouse mekaar geopponeer het. Die konsilie van Constance het uiteindelik 'n einde gebring aan die skisma deur die kerk weer te verenig onder die gesag van die pous van Rome. Die woord “Westerse” dui aan dat die skeuring in die Westerse wêreld voorgekom het en is te onderskei van die Groot Skisma tussen die Christendom van die Weste, met hoofsetel in Rome, en dié van die Ooste met hoofsetel in Bisantium, wat reeds in 1054 ontstaan het.